Houtaap (astrologie)

甲申

Die Houtaap (甲申, jiǎshēn) is die 21ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die eerste Hemelstam (甲, jiǎ; die element Hout en Jang) met die negende Aardtak (申, shēn), gesimboliseer deur die Aap (猴, hóu).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtaapjaar het in 2004 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 22 Januarie 2004 tot 8 Februarie 2005.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search